Gaan na inhoud

Corné Mulder: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
SunbeamDog (besprekings | bydraes)
k Corne Mulder geskuif na Corné Mulder: Tikfout
+ kategorie
Lyn 16: Lyn 16:
Dr. Mulder is getroud met [[Alma Visser]], en hulle het twee seuns en twee dogters.
Dr. Mulder is getroud met [[Alma Visser]], en hulle het twee seuns en twee dogters.


<br>
{{Saadjie}}
{{Suid-Afrikaanse-politikus-saadjie}}


[[Kategorie:Suid-Afrikaanse politici|Mulder, Corne]]
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse politici|Mulder, Corne]]

Wysiging soos op 19:50, 23 Februarie 2010

Corné Mulder

Dr. Corné (C.P.) Mulder is die voorsitter van die Vryheidsfront se Grondwetlike Komitee. Hy behaal sy B.Iuris graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys in 1980, met Politieke Wetenskap en Internasionale Politiek as ekstra hoofvakke.

Hy voltooi 'n LLB graad in 1982 met onderskeidings in verskeie vakke.

Daarna het hy navorsing by die Instituut vir Gevorderde Regsstudies van die Universiteit van Londen en die Max-Planck-Instituut für ausländisches öffentliches Recht und Völkerrecht, te Heidelberg Duitsland gedoen. Hierdie navorsingsperiode was ondersteunend tot die voltooiing van 'n Doktorsgraad in Staatsreg (LLD) wat hy op die ouderdom van 26 in 1984 behaal het.

Nadat hy in 1987 as prokureur van die Hooggeregshof toegelaat is, is hy op 29 Maart 1988 op 29 jarige leeftyd in 'n tussen-verkiesing vir die eerste keer as Parlementslid verkies. In 1989 word hy tydens die algemene verkiesing weer tot die Parlement verkies. Hy het die kiesafdeling Randfontein verteenwoordig.

Hy was in Maart 1994 direk betrokke by die stigting van die Vryheidsfront, en word herkies as Parlementslid op 27 April 1994, op 2 Junie 1999 en weer op 14 April 2004.

Hy is 'n lid van die Portefeulje Komitee vir Provinsiale sake en Plaaslike Regering. Hy was betrokke by die skryf van die nuwe Grondwet as lid van die Grondwetlike Komitee van die Grondwetlike Vergadering. Na die 1999-verkiesing word hy ook aangewys as hoofsweep van die Vryheidsfront. Hy word deur opposie-lede van die Parlement aangewys as een van vier verteenwoordigers op die Geregtelike Dienstekommissie. Dit is die kommissie wat Regters in SA aanstel.

Dr. Mulder het uitgebreide buitelandse reise onderneem vir navorsings- en studiedoeleindes, en het 'n belangrike rol gespeel om die VF in lyn met moderne staatkundige ontwikkelings rakende selfbeskikking en minderheidsregte in die wêreld te plaas.

Dr. Mulder is getroud met Alma Visser, en hulle het twee seuns en twee dogters.