Gaan na inhoud

2024-Rugbykampioenskapreeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2024-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 10 Augustus - 28 September
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (5 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 77 (6.42 per wedstryd)
Bywoning 531 010 (44 251 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Damian McKenzie (62)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Caleb Clarke (6)
2023
2025

Die 2024-Rugbykampioenskapsreeks was die twaalfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Tydens die toernooi het elke span hul wedstryde tuis en weg gespeel. Elke land het drie wedstryde aangebied, maar nie eweredig oor hul mededingende nasies nie. Argentinië was twee keer gasheer vir Australië en Suid-Afrika een keer; Australië het Suid-Afrika twee keer gehuisves en Nieu-Seeland een keer; Nieu-Seeland was twee keer gasheer vir Argentinië en Australië een keer; en Suid-Afrika was twee keer gasheer vir Nieu-Seeland en Argentinië een keer.

Die toernooi het op 10 Augustus afgeskop met Australië teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland as gasheer vir Argentinië, en sewe weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 28 September toe Australië Nieu-Seeland besoek het en Argentinië in Suid-Afrika gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die vyfde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat en die Vryheidsbeker ingepalm, terwyl Nieu-Seeland die Bledisloebeker gewen en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die formaat vir die 2022-toernooi was soortgelyk aan dié van vorige jare. Elke span het ’n totaal van ses wedstryde elk gespeel, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[1]

Telkaart

[wysig | wysig bron]
Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
2 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 6 5 0 1 188 94 +94 4 24
1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6 3 0 3 175 138 +37 4 16
4 Vlag van Argentinië Argentinië 6 3 0 3 170 195 –25 2 14
3 Vlag van Australië Australië 6 1 0 5 107 213 –106 1 5

Wedstryddatums

[wysig | wysig bron]
Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Argentinië op 10 Augustus
Datum Datum
Week 1 10 Augustus Week 4 7 September
Week 2 17 Augustus Week 5 21 September
Week 3 27 Augustus Week 6 28 September

Week 1

[wysig | wysig bron]

Week 2

[wysig | wysig bron]

Week 3

[wysig | wysig bron]

Week 4

[wysig | wysig bron]

Week 5

[wysig | wysig bron]

Week 6

[wysig | wysig bron]


Rugbykampioenskapreekskampioen 2024
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Statistiek

[wysig | wysig bron]

Meeste punte en drieë

[wysig | wysig bron]
Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Nieu-Seeland Damian McKenzie 62
2 Vlag van Argentinië Tomás Albornoz 44
3 Vlag van Argentinië Santiago Carreras 36
4 Vlag van Suid-Afrika Sacha Feinberg-Mngomezulu 35
Vlag van Australië Noah Lolesio
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Nieu-Seeland Caleb Clarke 6
2 Vlag van Suid-Afrika Aphelele Fassi 4
Vlag van Nieu-Seeland Will Jordan
Vlag van Suid-Afrika Malcolm Marx
5 Vlag van Argentinië Mateo Carreras 3
Vlag van Suid-Afrika Pieter-Steph du Toit
Vlag van Argentinië Juan Cruz Mallía

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "SANZAR – About The Rugby Championship". SANZAAR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 14 September 2017.
  2. (en) "Tizzano To make Debut For Wallabies Against Springboks". Superrugby. 8 Augustus 2024. Besoek op 5 Oktober 2024.
  3. (en) Nathan Williamson (2 September 2024). "'One for the memory books': Patience rewarded as Stewart reflects on Wallabies debut". Australiese Rugbyunie. Besoek op 5 Oktober 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]