Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Olimpiese ringe.

Die Olimpiese Somerspele, amptelik die Spele van die Olimpiade, is 'n internasionale multi-sport geleentheid wat elke vier jaar deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) georganiseer word. 'n Olimpiese oorwinning word wêreldwyd gesien as die mees prestigeryke oorwinning in 'n sport. Medaljes word uitgereik in elke item, met 'n goue medalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede en brons vir die derde, 'n tradisie wat in 1904 begin het.

Geskiedenis

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) is in 1894 gestig toe Pierre de Coubertin, 'n Franse pedagoog en historikus, probeer het om internasionale begrip deur sportkompetisie te bevorder. Die eerste uitgawe van Die Olimpiese Spele is in 1896 in Athene gehou en het net 245 mededingers gelok, van wie meer as 200 Grieks was, en slegs 14 lande verteenwoordig was. Nogtans was geen internasionale byeenkomste van hierdie omvang voorheen gereël nie. Vroulike atlete is nie toegelaat om mee te ding nie, alhoewel een vrou, Stamata Revithi, die marathonroete op haar eie gehardloop het en gesê het "As die komitee my nie toelaat om mee te ding nie, sal ek agter hulle aan gaan ongeag".[1]

Kwalifisering

Kwalifikasiereëls vir elke Olimpiese sport word deur die Internasionale Federasie (IF) wat die betrokke sport reël, opgestel.

Vir individuele sporte kwalifiseer deelnemers deur 'n bepaalde plek tydens 'n groot internasionale wedstryd te behaal, of volgens die ranglys van die IF. Nasionale Olimpiese Komitees (NOK) moet 'n beperkte aantal kwalifiserende atlete per item by die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) indien. Die IOK besluit dan welke van die atlete mag deelneem. Verskeie items kry 'n bepaalde aantal buiteperde, hierdie word veral aan atlete uit ontwikkelende lande toegeken.

Vir spansporte kwalifiseer lande deur die speel van kontinentale kwalifikasie toernooie. Elke kontinent kry 'n bepaalde aantal plekke in die Olimpiese toernooi. Die gasheerland se span kry gewoonlik 'n outomatiese plasing.

Sporte by die Olimpiese Somerspele

Die volgende sportsoorte word tydens die Somerspele beoefen: atletiek, basketbal, bofbal, boks, boogskiet, driekamp, fietsry, gesinchroniseerde swem, gewigoptel, gholf, gimnastiek, handbal, hokkie, judo, kanovaart, moderne vyfkamp, pluimbal, roei, ruitersport, sagtebal, seil, sewesrugby, sierduik, skerm, skyfskiet, sokker, stoei, swem, taekwondo, tafeltennis, tennis, vlugbal en waterpolo.

Toekomstige Olimpiese Somerspele

Kaart van elke Olimpiese Somerspele:

   Lande wat 'n enkele keer gasheer was

   Lande wat herhaalde kere gasheer was

Kaart van gasheerlande volgens Olimpiese Somerspele:

   4 keer

   3 keer

   2 keer

   1 keer

   0 keer

Kaart van wenners van die Olimpiese Somerspele (volgens getal goue medaljes; Rusland sluit die Sowjetunie in):

   Lande wat die Olimpiese Somerspele ten minste een keer gewen het, maar minder as 5 keer

   Lande wat die Olimpiese Somerspele 5 keer of meer gewen het

   Lande wat die Olimpiese Somerspele 10 keer of meer gewen het

Voltooide Olimpiese Somerspele

Sien ook

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

  1. Tarasouleas, Athanasios (Summer 1993). "The Female Spiridon Loues" (PDF). Citius, Altius, Fortius. 1 (3): 11–12. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Junie 2008. Besoek op 26 Junie 2012.