Wentzel-se-suikerbos
plantspesie
Wentzel-se-suikerbos (Protea wentzeliana) is ’n struik wat hoort tot die bekende Proteagenus. Die plant kom in die Chingamweberge in Zimbabwe, asook in Malawi, Mosambiek, suid-Tanzanië en sentraal-Angola voor. Die struik word tot 1,6 m hoog en blom hoofsaaklik van Mei tot Desember. Die stam is dun met min takkies aan.
Wentzel-se-suikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. wentzeliana
|
Binomiale naam | |
Protea wentzeliana Engl., (1901)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg, vrygelaat nadat dit ryp is en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van kewers. Die plant groei op swakgedreineerde en nat grond in dongas en slote in miombo-boomland.
In Engels staan dit as Wentzel’s sugarbush bekend.
Galery
wysigSien ook
wysigBronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wentzel-se-suikerbos.