Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg
Ernst August | |
---|---|
Hertog van Brunswyk-Lüneburg Aangewese keurvors van Hannover | |
Vorstehuis | Hannover |
Heerser | Calenberg |
Regeer | 1679–1698 |
Voorganger | Johan Frederik |
Opvolger | Georg Lodewyk |
Prins-biskop | Osnabrück |
Gebore | 20 November 1629 |
Oorlede | 23 Januarie 1698 (op 68) |
Eggenote | Sophia van die Palts |
Kinders | George I van Groot-Brittanje Friedrich August Maximilian Wilhelm Sophie Charlotte Karl Philipp Christian Heinrich Ernst Augustus |
Vader | Georg, Hertog van Brunswyk-Lüneburg |
Moeder | Anna Eleonore van Hesse-Darmstadt |
Ernst August (Latyn: Ernestus Augustus; 20 November 1629 – 23 Januarie 1698) was die Hertog van Brunswyk-Lüneburg en het oor die prinsdom Calenberg (met Hannover as hoofstad) regeer. Hy is as keurvors van Hannover aangestel, maar is oorlede voor die aanstelling in werking getree het. Hy was ook die prins-biskop van Osnabrück.
Diana, Prinses van Wallis was ’n afstammeling van hom, so ook alle Britse monarge van George I tot die huidige koningin, Elizabeth II.
Lewe
[wysig | wysig bron]Ernst August is op Herzberg am Harz gebore as die seun van Georg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg, en Anna Eleonore van Hesse-Darmstadt. In 1658 is hy in Heidelberg, Duitsland, getroud met Sophia van die Palts. As die vierde seun was die kans baie skraal dat hy sy pa as heerser sou opvolg en dus het sy familie hom in 1662 aangestel as prins-biskop van Osnabrück. Nadat twee van sy broers egter sonder kinders gesterf het, het Ernst August die gebied Calenberg van sy pa geërf.
In die Groot Turkse Oorlog het hy aan die kant van keiser Leopold I van die Heilige Romeinse Ryk geveg. In 1692 het die keiser hom aangestel as keurvors. Dit sou egter eers in 1708 in werking tree, en Ernst August is in 1698 oorlede. Hy is as hertog opgevolg deur sy seun Georg Lodewyk, wat later koning van Groot-Brittanje sou word.
Kinders
[wysig | wysig bron]Naam | Gebore | Oorlede | Notas |
---|---|---|---|
Georg Lodewyk | 28 Mei 1660 | 11 Junie 1727 | Hy het ná sy ma se dood die troonopvolger van Groot-Brittanje geword en koningin Anna van Groot-Brittanje opgevolg as koning George I. |
Friedrich August | 3 Augustus 1661 | 31 Desember 1690 | In ’n veldslag dood |
Doodgebore seun | Februarie 1664 | Februarie 1664 | |
Maximilian Wilhelm | 13 Desember 1666 | 16 Julie 1726 | |
Doodgebore seun | 13 Desember 1666 | 13 Desember 1666 | Maximilian se tweelingbroer |
Sophie Charlotte | 30 Oktober 1668 | 21 Januarie 1705 | Sy het getrou met koning Frederik I van Pruise |
Karl Philipp | 3 Oktober 1669 | 31 Desember 1690 | In ’n veldslag dood |
Christian Heinrich | 19 September 1671 | 31 Julie 1703 | In ’n veldslag dood |
Ernst August | 7 September 1674 | 14 Augustus 1728 | Hertog van York en Albany |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia