Huis van Hohenzollern-Sigmaringen
Huis van Hohenzollern-Sigmaringen Suid-Duitsland | |
---|---|
Wapen van die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen
| |
Land | Graafskap/Prinsdom Hohenzollern-Sigmaringen |
Stigter | Karl II |
Gestig | 1576 |
Geëindig | 1850 |
Rede | Anneksasie deur Pruise |
Huis van Hohenzollern-Sigmaringen Oos-Europa | |
---|---|
Wapen van die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen
| |
Land | Roemenië |
Stigter | Carol I |
Gestig | 10 Mei 1866 |
Laaste heerser | Michael |
Abdikasie | 30 Desember 1947 |
Rede | Kommunistiese staatsgreep |
Huidige hoof | Michael |
Die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen is ’n tak van die Swabiese lyn van die Hohenzollern-dinastie. Dit het oor die Graafskap Hohenzollern-Sigmaringen geheers wat later ’n prinsdom geword het.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Graafskap Hohenzollern-Sigmaringen het in 1576 ontstaan met die verdeling van die Graafskap Hohenzollern, wat deel was van die Heilige Romeinse Ryk. Met die dood van die laaste Graaf van Hohenzollern, Karl I (1512–1579), is die grond tussen sy drie seuns verdeel:
- Eitel Frederick IV van Hohenzollern-Hechingen (1545–1605)
- Karl II van Hohenzollern-Sigmaringen (1547–1606)
- Christoph van Hohenzollern-Haigerloch (1552–1592)
Die Graafskap (sedert 1623 Prinsdom) Hohenzollern-Sigmaringen was ’n klein leengrondgebied in Suidwes-Duitsland wat in 1815 ’n onafhanklike staat geword het ná die Napoleontiese Oorloë. In die rewolusies van 1848 is die destydse heerser, Karl, onttroon. Sy seun, Karl Anton, het hom opgevolg en Pruise se hulp gevra. In ’n verdrag wat in Desember van dié jaar onderteken is, is Hohenzollern-Sigmaringen deur Pruise geannekseer met ingang van Maart 1850.
Karl Anton was van 1858 tot 1861 minister-president van Pruise. Toe die Hohenzollern-Hechingen-lyn in 1869 uitsterf met die dood van Konstantyn, het Karl Anton van Hohenzollern-Sigmaringen die titel Prins van Hohenzollern aangeneem.
Sy tweede seun, Karl Eitel Friedrich van Hohenzollern-Sigmaringen, het prins (1866–1881) en toe koning (1881–1914) van Roemenië geword onder die naam Carol. Die huis het op die troon gebly tot met die beëindiging van die Roemeense monargie in 1947 toe die land kommunisties geword het.
Franse teenkanting teen die kandidaatskap van Carol se ouer broer, prins Leopold, vir die troon van Spanje het die Frans-Pruisiese Oorlog (1870–1871) veroorsaak wat gelei het tot die stigting van die Duitse Ryk in Januarie 1871.
Heersers
[wysig | wysig bron]Suid-Duitsland
[wysig | wysig bron]Grawe van Hohenzollern (1576–1623)
[wysig | wysig bron]Prinse van Hohenzollern-Sigmaringen (1623–1849)
[wysig | wysig bron]- Johann 1623–1638
- Meinrad I 1638–1681
- Maximilian 1681–1689
- Meinrad II 1689–1715
- Joseph Franz Ernst 1715–1769
- Karl Friedrich 1769–1785
- Anton Aloys 1785–1831
- Karl 1831–1848
- Karl Anton 1848–1869
- Prins Leopold van Hohenzollern-Sigmaringen 1885–1905
- Prins Wilhelm van Hohenzollern-Sigmaringen 1905–1927
- Prins Friedrich van Hohenzollern-Sigmaringen 1927–1965
- Prins Friedrich Wilhelm van Hohenzollern-Sigmaringen 1965–hede
Oos-Europa
[wysig | wysig bron]Prins van Roemenië (1866–1881)
[wysig | wysig bron]- Carol I 1866–1881
Konings van Roemenië (1881–1947)
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste van die Huis van Hohenzollern-Sigmaringen
- Amptelike webtuiste van die Roemeense koningsgesin
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikels en:Hohenzollern-Sigmaringen