Japannese
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Oos-Asië. Vir die taal, sien Japannees, en vir die taalfamilie, sien Japannese tale.
Die Japannese of Japanners (Japannees: 日本人 Nihonjin) is 'n inheemse etniese groep in Japan.[26][27][28][29][30] Japannese maak sowat 98,5% van die totale bevolking van dié land uit.[23]
Wêreldwyd is sowat 130 miljoen mense van Japannese afkoms; waarvan sowat 127 miljoen in Japan. Mense van 'n Japannese afkoms in ander lande word nikkeijin (日系人) genoem. Die term etniese Japannese kan in sommige kontekste ook gebruik word om na verwante etniese groepe soos Yamato, Ainoe en Ryukyu te verwys.
Verreweg die grootste Japannese diaspora het hulle in die Amerikas gevestig, veral in Brasilië en die Verenigde State, bykans drie miljoen mense. Die Japannese in Brasilië is sterk geassimileer en praat veral Portugees, net 'n minderheid gebruik nog Japannees. Terwyl Japannese hulle veral tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog in Brasilië gevestig het, het die Verenigde State die meeste Japannese ná die einde van die Pasifiese Oorlog gelok.
In Suid-Afrika woon 1 238 Japannese, veral in Johannesburg en ander groot stede. Hulle praat veral Engels, Japannees en Afrikaans. Die meeste Japannese het hulle tydens apartheid in Suid-Afrika gevestig, waartydens Japan Suid-Afrika se grootste handelsvennoot was.[31]
Japannese huise
[wysig | wysig bron]Die buitemure word gewoonlik van hout gemaak en die dak van riet of van teëls. Maar die binnemure, wat eintlik skuifpanele is, word inderdaad van dik papier gemaak. Deur slegs 'n paar panele opsy te skuif kan mens twee kamers sonder moeite in een verander.
In die somer is hierdie soort huis baie aangenaam, maar dit is taamlik koud in die winter, veral as dit slegs op die tradisionele wyse verwarm word met 'n hibachi of groot erdewerkpot gevul met as, waarop 'n paar stukkies houtskool lê en gloei. Iets waaraan 'n Westerling moeilik gewoond raak in 'n tradisionele Japannese huis, is dat 'n mens omtrent alles kan hoor wat op enige plek in die huis gesê of gedoen word. Nog 'n ongewone ding is dat daar in 'n Japannese huis geen stoele of beddens is nie.
Almal sit op die vloer op harde, plat kussings, en snags slaap hulle op 'n futon of oortreksel van lakense stof wat opgestop en deurgestik is. Die word bedags almal opgevou en in 'n groot kas gebêre. Omdat almal op die vloer sit, is die tafels baie laag. Niemand dra ooit skoene in 'n Japannese huis nie; mens laat hulle in ’n soort ingangsportaal voor jy die huis self binnekom.
Dit is omdat al die vloere in die kamers bedek is met strooimatte, tatami genoem, wat baie maklik skeur of vuilsmeer. Hierdie tradisionele huise moet vandag oral wyk vir moderne Westerse woonstelgeboue en huise. Tog word sommige van die tradisionele dinge, soos "tatami" matte en skuifpanele, ook nog in hierdie nuwe huise aangetref.
Japannese kos
[wysig | wysig bron]Die Japannese hou daarvan om sommige soorte vis, soos tuna en brasem, rou te eet. Dit word in dun skyfies gesny en met sojaboonsous gegeur, en word sasjimi genoem. Ander gewilde snoeperye is soet koekies van boontjiemeel, en 'n soort swart seewier wat sterk na vis smaak.
Rys is nog steeds die stapelvoedsel van Japan, en oor die algemeen eet die mense ook baie vis. Die tradisionele disse word nog altyd met stokkies geëet. Vandag is daar natuurlik ook oral Westerse restaurante. Die Japannese drink graag tee, en het selfs 'n teedrinkseremonie wat in 'n spesiale teevertrek of chaseki gehou word. Hierdie gebruik weerspieël die gees van ou Japan.
Japannese skrif
[wysig | wysig bron]Die Japanese skryfstelsel is baie moeilik, wat dit bestaan nie uit letters wat klanke verteenwoordig nie, maar uit tekentjies wat karakters genoem word. Elk van hierdie karakters stel 'n aparte idee of ding voor, soos bv. perd, man, boom, of maan. Om te kan lees, moet 'n mens dus letterlik duisende van hierdie karakters ken.
Godsdiens
[wysig | wysig bron]Godsdiensvryheid vir almal word gewaarborg deur die grondwet, en die drie vernaamste godsdienste van Japan – Boeddhisme, Sjintoïsme en Christendom – word sy aan sy aangetref. Boeddhisme het in die middel van die 6de eeu van Indië oor China en Korea na Japan gekom. Dit het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Japan, beide as godsdiens en as aanmoedigende faktor vir die ontwikkeling van die skone kunste en die wetenskappe.
Sjintoïsme bestaan reeds vanaf die vroegste tye in Japan. Dit is nie 'n godsdiens in die gewone sin van die woord nie, maar eerder 'n kultus gegrond op die idee dat die goddelike in alle aspekte van die natuur gevind kan word. Sjintoïsme is so 'n integrale deel van die Japannese leefwyse en tradisies dat baie Boeddhiste ook Sjinto-gebruike volg.
Die Christelike geloof is in die middel van die 16de eeu deur sendelinge na Japan gebring. Eers is dit deur die owerhede verbied, maar toe Japan in die middel van die 19de eeu sy deure vir die res van die wêreld oopgemaak het, is dit erken. Daar is ietwat meer Protestante as Rooms-Katolieke in Japan.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (ja) http://www.mofa.go.jp/mofaj/area/brazil/data.html
- ↑ (pt) http://www.japao100.com.br/arquivo/nipo-brasileiros-estao-mais-presentes/
- ↑ (en) http://factfinder2.census.gov/faces/tableservices/jsf/pages/productview.xhtml?pid=DEC_10_SF1_QTP8&prodType=table American FactFinder – Results
- ↑ (en) "Japanese Filipinos". Ethnic Groups of the Philippines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 2 Februarie 2016.
- ↑ (en) Adachi, Nobuko (30 Mei 2006). "Japanese diasporas: Unsung pasts, conflicting presents, and uncertain futures". ISBN 978-0-415-77035-4.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ 6,0 6,1 (ja) "海外在留邦人数調査統計" [Annual Report of Statistics on Japanese Nationals Overseas] (PDF). Ministry of Foreign Affairs of Japan. 1 Oktober 2010. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
- ↑ (en) 2011 National Household Survey: Data tables | Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the …
- ↑ (en) MOFA: Japan-Peru Relations
- ↑ 9,00 9,01 9,02 9,03 9,04 9,05 9,06 9,07 9,08 9,09 9,10 9,11 9,12 9,13 (ja) http://www.mofa.go.jp/mofaj/toko/tokei/hojin/10/pdfs/1.pdf
- ↑ (ja) 外務省: 英国(グレートブリテン及び北アイルランド連合王国)基礎データ
- ↑ (en) "Japan-Mexico Relations". Ministry of Foreign Affairs of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 12 Mei 2015.
- ↑ (en) MOFA: Japan-Singapore Relations
- ↑ (en) http://www.mra.fm/pdfs/nr_los_FromFSMAmbassador.pdf Geargiveer 12 April 2020 op Wayback Machine
- ↑ (ja) ボリビア日系協会連合会(FENABOJA) Geargiveer 6 September 2013 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Bangladesh Japanese Population".[dooie skakel]
- ↑ (en) Tourism New Caledonia | Prepare your trip in New Caledonia
- ↑ (en) [1]
- ↑ (en) Pacific Islands President, Bainbridge Lawmakers Find Common Ground » Kitsap Sun Geargiveer 16 Julie 2011 op Wayback Machine
- ↑ (ja) 外務省: インド
- ↑ (en) MOFA: Japan-United Arab Emirates Relations
- ↑ (ja) [2]
- ↑ (en) Ministry of Foreign affairs of Japan[dooie skakel]
- ↑ 23,0 23,1 (en) "Japan". Central Intelligence Agency. Besoek op 10 Maart 2024.
- ↑ (en) Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor (15 September 2006). "International Religious Freedom Report 2006". U.S. Department of State. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2012. Besoek op 4 Desember 2007.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ (en) Asia Society – Shinto
- ↑ (en) "Japanese ethnicity". Encyclopædia Britannica.
- ↑ (en) "Japan. B. Ethnic Groups". Encarta. Geargiveer 22 Januarie 2008 op Wayback Machine
- ↑ (ja) "人類学的にはモンゴロイドの一。皮膚は黄色、虹彩は黒褐色、毛髪は黒色で直毛。言語は日本語。" ( "日本人". Kōjien. Iwanami. )
- ↑ (ja) "人類学上は,旧石器時代あるいは縄文時代以来,現在の北海道〜沖縄諸島(南西諸島)に住んだ集団を祖先にもつ人々。" ( "日本人". マイペディア. 平凡社. )
- ↑ (ja) "日本民族という意味で、文化を基準に人間を分類したときのグループである。また、文化のなかで言語はとくに重要なので、日本民族は日本語を母語としてもちいる人々とほぼ考えてよい。" ( "日本人". エンカルタ. Microsoft. )
- ↑ (en) Time, South Africa: Honorary Whites Geargiveer 7 Desember 2010 op Wayback Machine, 19 Januarie 1962
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Kennis, 1980, ISBN 0-7981-0824-X, volume 1, bl. 84, 85
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Japannese.