Lockheed C-141 Starlifter
Voorkoms
Lockheed C-141 Starlifter | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Lockheed |
Nooiensvlug | 17 Desember 1963 |
Bekendstelling | April 1965 |
Onttrek | Mei 2006 |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Nasa |
Vervaardig | 1963–1968 |
Aantal gebou | 285 |
Die Lockheed C-141 Starlifter is 'n uitgediende militêre strategiese vragvliegtuig wat gebruik was deur die Militêre Lugvervoerdiens, sy opvolger die Militêre Lugvervoerkommandement en later die Lugmobiliteitskommandement van die Amerikaanse Lugmag. Dit het ook diens gedoen in die Amerikaanse Reserwelugmag, wat later bekend gestaan het as die Lugmagreserwekommandement asook die Nasionale Lugwag. Dit het ook diens gedoen in die lugvleuel van die Kommandement vir Lugonderrig en -opleiding, wat gefokus het op opleiding vir die C-141, Lockheed C-5 Galaxy, Boeing C-17 Globemaster III en Boeing KC-135 Stratotenker.v