Pous Pius VIII
Pous Pius VIII | |
---|---|
Geboortenaam | Francesco Saverio Castiglioni |
Pontifikaat begin | 31 Maart 1829 |
Pontifikaat eindig | 30 November 1830 |
Voorganger | Leo XII |
Opvolger | Gregorius XVI |
Gebore | 20 November 1761 Cingoli, Kerklike Staat |
Sterf | 30 November 1830 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Pius |
Pius VIII was die 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 1 jaar en 8 maande, van 1829 tot 1830.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Pius VIII[1][2] is gebore as Francesco Saverio Castiglioni op 20 November 1761 in Cingoli, Kerklike Staat, die derde van agt kinders van graaf Ottavio Castiglioni en sy vrou Sanzia Ghislieri. Sy doopname was Francesco Saverio Maria Felice. Hy studeer teologie aan die Collegio Campana in Osimo en die Collegio Montalto in Bologna. In 1785 verkry hy 'n doktorsgraad in kanonieke reg. Op 17 Desember 1785 word hy tot priester gewy. In Rome word hy sekretaris van die kommissie wat die besluite van die sinode van Pistoia goedkeur. Pous Pius VII benoem Castiglioni op 10 Oktober 1800 tot biskop van Montalto. Omdat hy hom nie wou onderwerp aan Napoleon Bonaparte nie neem die Franse troepe hom gevange op 29 Julie 1808. Op 10 November 1813 word hy na Turyn geneem en terug na Milaan op 18 November 1813. Eers na die terugtrekking van die Franse troepe in keer hy terug na Montalto op 16 Junie 1814. Op 8 Maart 1816 word hy kardinaal-priester met die titelkerk S. Maria in Traspontina en biskop van Cesena. Op 4 Augustus 1821 word hy groot-penitentiarius van die Kurie en ook biskop van Frascati. Na die dood van Pous Pius VII was hy 'n belangrike kandidaat vir die pousskap, maar konflikte tussen die gematigdes en die konserwatiewes het sy verkiesing verhinder. As gevolg van die konklaaf het hy nie goed oor die weg gekom met Pous Leo XII nie. Op 31 Maart 1829 volg hy Pous Leo XII op en word gekroon op 5 April 1829 deur kardinaal Giuseppe Albani. Hy regeer tot sy dood op 30 November 1830 en word opgevolg deur Pous Gregorius XVI. Die naam ‘Pius’ beteken 'die vrome'.
Kerklike loopbaan
[wysig | wysig bron]- 11 Augustus 1800 – Biskop van Montalto.
- 8 Maart 1816 – Biskop van Cesena.
- 29 April 1816 – Kardinaal-priester van S. Maria in Traspontina.
- 4 Augustus 1821 – Groot-penitentiarius van die Heilige Apostoliese Penitentiarie.
- 13 Augustus 1821 – Kardinaal-biskop van Frascati.
- 14 November 1821 – Prefek van die Heilige Kongregasie van die Indeks.
- 31 Maart 1829 – Pous van Rome.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Na die dood van Pous Leo XII begin 'n konklaaf op 10 Februarie 1829 en Pous Pius VIII[3] word verkies op 31 Maart 1829. Op 24 Mei 1829 verskyn sy ensikliek "Traditi humilitati nostrae" waarin die nuwe pous sy beleid uiteensit. Die pous was egter toe reeds baie siek. Hy was sterk ten gunste van demokrasie en het die Franse volk aangemoedig om na die Junie-rewolusie vir koning Louis-Philippe te aanvaar. Hy het die koning die titel van "Roi très Chretien" (Allerchristelike koning) gegee. In sy kort brief "Litteris altero" van 25 Maart 1830 vra hy dat moderne filosofie, die sofisme, Bybelgenootskappe en geheime organisasies soos die Carbonari en die Vrymesselaars bestry moet word. Op 16 Oktober 1830 bekragtig hy die besluite van die konferensie van biskoppe in Baltimore, VSA. Hy sterf op 30 November 1830.
Die kollege van kardinale
[wysig | wysig bron]Pous Pius VIII het 6 nuwe kardinale aangestel in 3 konsistories.
Die konsistorie van 27 Julie 1829
[wysig | wysig bron]- Cesare Nembrini Pironi Gonzaga, biskop van Ancona en Umana.
- Remigio Crescini, O.S.B.Cas., biskop van Parma.
Die konsistorie van 15 Maart 1830
[wysig | wysig bron]- Thomas Weld, titulêr biskop van Amiclea.
- Raffaele Mazio, assessor van die Inkwisisie.
- Domenico de Simone, prefek van die pouslike huishouding.
Die konsistorie van 5 Julie 1830
[wysig | wysig bron]- Louis-François-Auguste de Rohan Chabot, aartsbiskop van Besançon.
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
[wysig | wysig bron]- 24 Mei 1829 – Traditi humilitati nostrae – Beleidsverklaring.
- 25 Maart 1830 – Litteris altero" – teen eietydse euwels.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
- ↑ Pius VIII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Löffler, K. (1911). Pope Pius VIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 5 Julie 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/12134a.htm
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Pius VIII. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- VH Inskrywing in die Vatican History (in Duits).
- CA Inskrywing in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
- Inskrywing in die Catholic Hierarchy (Engels)
- Inskrywing in die Giga Catholic Information (Engels).
- Inskrywing in die Saint-Mike Papal Library (Engels).
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Leo XII |
Pous (Pontifex Maximus) 1829 – 1830 |
Opgevolg deur Gregorius XVI |