Rio Purus
Voorkoms
Rio Purus - Río Purús | |
---|---|
Die Rio Purus in Peru. | |
Die stroomgebied van die Rio Purus. | |
Oorsprong | saamvloei van Curiuja en Cujar, Ucayali (Peru) |
Monding | Amasonerivier, Amazonas, Brasilië |
Stroomgebied | Peru, Brasilië (Acre en Amazonas) |
Lengte | 2 960 km (1 839 myl)[1] |
Gemiddelde afloop | 11 000 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 371 042 km² |
Die Rio Purus (Spaans: Río Purús) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 960 km, vloei deur Peru en die Brasiliaanse deelstate Acre en Amazonas.
Die Río Purús ontstaan uit die saamvloei van die Río Curiuja en die Río Cujar in die oostelike Peruaanse streek Ucayali naby die grens tot Brasilië, sowat 320 km noord van Cusco. Aansluitend vloei die rivier in noordoostelike rigting parallel tussen die Rio Juruá in die weste en die Rio Madeira in die ooste deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië. Sowat 150 km wes van Manaus mond die Rio Purus in die Amasonerivier uit.
Sytakke
[wysig | wysig bron]Die grootste sytakke (stroomaf):[3]
- Río Chandless (regs)
- Rio Laco (regs)
- Rio Acre (regs)
- Rio Inauini (links)
- Rio Pauini (links)
- Rio Sepatini (regs)
- Rio Ituxi (regs)
- Rio Mucuim (regs)
- Rio Tapauá (links)
- Rio Itapapaná (regs)
- Rio Ipixuna (regs)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rio Purus.
- ↑ (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 28 Februarie 2015.
- ↑ (pt) Agência Nacional de Águas (ANA) e Secretaria Nacional de Recursos Hídricos (Oorsig)
- ↑ (de) Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. ISBN 3-07-508962-1