Roland Garros
Roland Garros | |
---|---|
Roland Garros in 1910 | |
Gebore | Eugène Adrien Roland Georges Garros 6 Oktober 1888 |
Sterf | 5 Oktober 1918 (op 29) Vouziers, Frankryk |
Titel | vlieënier |
Roland Garros (6 Oktober 1888 – 5 Oktober 1918) was 'n Franse vlieënier en vegvlieënier tydens die Eerste Wêreldoorlog.[1]
In 1928 is die Roland Garros-tennisstadion na hom vernoem; die Franse Ope-tennistoernooi kry die naam van Roland Garros, wat in dié stadion gehou word.[2]
Biografie
[wysig | wysig bron]Garros is in Saint-Denis, Réunion gebore en het aan HEC Paris gestudeer.[3][4][5] Hy het sy vliegloopbaan in 1909 begin deur die Santos-Dumont-eenvliegtuig te vlieg, 'n vliegtuig wat net goed gevlieg het as dit deur 'n liggewigvlieënier gevlieg is. In 1911 het Garros sy studies voltooi en die Bleriot-eenvliegtuig gevlieg en aan verskeie wedrenne in Europa deelgeneem. Hy was 'n vooraanstaande vlieënier voordat die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het ; in 1913 het hy van vliegtuie verander deur die Morane-Saulnier N te vlieg, 'n aansienlike verbetering bo die Blériot, en het beroemd geword vir 'n ononderbroke vlug oor die Middellandse See van Fréjus in Suid-Frankryk na Bizerte in Tunisië. Die volgende jaar het Garros by die Franse leër aangesluit toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Roland Garros, l'aviateur
- ↑ "Roland Garros: a venue open all year long. Past Winners and Draws". ftt.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2007. Besoek op 7 Augustus 2007.
- ↑ QUI ÉTAIT ROLAND GARROS ?
- ↑ Roland Garros (HEC 1908), pioneer of aviation
- ↑ Qui était Roland Garros, celui qui a donné son nom au mythique tournoi de tennis ?
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roland Garros.