Rosseiland
Rosseiland | |
---|---|
Kaart van Rosseiland | |
Geografie
| |
Ligging | Rosssee, Antarktika |
Koördinate | 77°30′S 168°00′E / 77.500°S 168.000°O
|
Oppervlakte | 2460 vk km |
Hoogste punt | Erebus 3 794 m |
Administrasie | |
Sjabloon:Landdata Geen
|
Rosseiland is 'n eiland wat gevorm is deur vier vulkane[1] in die Rosssee naby die kontinent Antarktika, naby die die kus van Victorialand in die McMurdo see-engte. Rosseiland is op die grens van die Ross-Afhanklikheid, 'n gebied van Antarktika wat deur Nieu-Seeland geëis word.
Die eiland is in 1840 ontdek deur Sir James Ross en was later deur Robert F. Scott na hom vernoem. Rosseiland was gebruik as basis vir vele van die vroeëre ekspedisies na Antarktika. Dit is die mees suidelikste eiland wat bereikbaar is met die see. Hutte gebou deur Scott en Ernest Shackleton staan steeds en word beskerm as historiese geboue.
Tans is die eiland die tuiste van die Nieu-Seelandse Scottbasis en ook die grootste Antarktiese nedersetting van die Amerikaanse Antaktiese Program: McMurdo-stasie.
Geografie
[wysig | wysig bron]As gevolg die pakys wat regdeur die jaar voorkom word daar soms gedink dat die eiland deel van Antarktika-kontinent is. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 2,460 vierkante kilometer en slegs 'n klein gedeelte van die eiland is vry van sneeu en ys.
Daar is vier vulkane op die eiland: Erebus (3,794 m), Terror (3,230 m), Bird (1,765 m) en Terra Nova (2,130 m). Erebus is die wêreld se suidste aktiewe vulkaan terwyl Terror dormant is. Kaptein James Ross het dié twee vulkane na sy skepe HMS Erebus en HMS Terror vernoem.
Daar is ook twee gletsers op die eiland genaamd Shell en Endeavour Piedmont. Ten spyte van die eiland se relatiewe klein grootte, is dit die wêreld se sesde hoogste eiland en die hoogste in Antarktika.
Die eiland het bekend geword op 28 November 1979 toe Air New Zealand-vlug 901 teen Erebus vasgevlieg het.
Fauna
[wysig | wysig bron]Daar is slegs vyf dierspesies wat aan land waargeneem word, die suidpoolroofmeeu Catharacta maccormicki, Weddell se rob Leptonychotes weddellii, die Adéliepikkewyn Pygoscelis adeliae, die keiserpikkewyn Aptenodytes forsteri en die witstormvoël Pagodroma nivea. Hulle is almal afhanklik van die see.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ LeMasurier, W. E.; Thomson, J. W., reds. (1990). Volcanoes of the Antarctic Plate and Southern Oceans. American Geophysical Union. p. 512. ISBN 0-87590-172-7.
- ↑ "LIVING AND WORKING IN ANTARCTICA PART 4 WILDLIFE /JULY 4, 2013". alasdairturner.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |