Gaan na inhoud

Wikipedia:Geselshoekie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie


Kom praat met ons, ons kuier lekker saam!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-06 2007 2008
2009 2010 2011
2012 2013 2014
2015 2016 2017
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans


Geseënde Kersfees!

[wysig bron]

'n Geseënde Kersfees aan al ons gebruikers en lesers! Groete! Oesjaar (kontak) 06:20, 25 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

Baie dankie, aan u ook!  Aliwal2012 08:13, 25 Desember 2024 (UTC)[antwoord]
Baie dankie!! Seën aan almal hier ook. Thermofan (kontak) 12:22, 25 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

Voorblad: Pterosauria

[wysig bron]

@SpesBona:, wat het van ons voorblad van Pterosauria geword? Tans is dit Tsjeggië. Groete! Oesjaar (kontak) 09:10, 30 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: Uitgevoer Uitgevoer, jammer! Dit is nou die eerste keer in 15 jaar dat die stelsel op die eerste week van die vorige jaar terugspring. Interessant! Groete. --  SpesBona 11:30, 30 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

Waarskuwing gekry

[wysig bron]

Ek het 'n waarskuwing gekry dat 'n vreemde toestel probeer toegang kry na my gebruikersrekening. Oesjaar (kontak) 21:41, 30 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

Elon Musk, is dit jy? Groete. --  SpesBona 21:50, 30 Desember 2024 (UTC)[antwoord]

Voorspoed vir 2025!

[wysig bron]

Gemeenskap, beste wense vir 2025! Mag 2025 die beste jaar nog ooit wees vir ons Wikipedia! Ek daag julle uit, 10,000 artikels vir 2025! Ons het net so oor die 7,000 artikels in 2024 geskep. Baie dankie vir almal se bydraes, elke letter help! Groete! Oesjaar (kontak) 07:22, 2 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Besoeke vir Desember

[wysig bron]

Ons besoeke vir Desember is 1.5 miljoen, in Desember het ons maar gewoonlik minder besoeke. Sien die mees besoekte artikels vir Desember: https://stats.wikimedia.org/#/af.wikipedia.org/reading/top-viewed-articles/normal%7Ctable%7Clast-month%7C(access)~desktop*mobile-app*mobile-web%7Cmonthly Groete! Oesjaar (kontak) 07:24, 2 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Dit is interessant dat van die top besoekte artikels Geloftedag en Bloedrivier is. Groete! Oesjaar (kontak) 07:45, 2 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

As jy iets soek om te doen...

[wysig bron]

Gemeenskap, as julle iets soek om te doen, ons kort artikels oor Penang (deelstaat en die eiland) in Maleisië, Fremantle in Australië en Ismaïlia in Egipte. Groete! Oesjaar (kontak) 11:25, 3 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Arabies-Afrikaans

[wysig bron]

Gebruiker:Rovlort het hierdie stuk teks sonder enige bronne in die artikel geplaas. Afrikaans is eers net met die Arabiese alfabet geskryf. Destyds toe Christen-Afrikaaners skaam was oor hul volkstaal, aangesien dit ongeskik was om vir skryf-, kerk- of amptelike doeleindes gebruik te word en dus net Nederlands gebruik het, het Moslems met trots geskrewe Afrikaans gebruik. Sodoende het hulle 'n groot bydrae gelewer om Afrikaans tot 'n volledig selfstandige taal wat vir alle doeleindes geskik is, te ontwikkel. Hierdie feit is onbekend of selfs geïgnoreer deur mense wat nie bereid is om dit te erken nie. Die Afrikaanse Arabiese alfabet op sigself is iets baie uniek en 'n meesterstuk van ontwikkeling. Dit is die enigste Germaanse taal wat met die Arabiese alfabet geskryf is, en ten minste as dit by konsonante kom, is daar 'n totale ooreenkoms tussen letter en klank in die manier waarop elke letter een en slegs een klank daaraan gekoppel het. Arabiese Afrikaans gee dus 'n spelling nader aan die uitspraak as Afrikaans wat vandag met die Latynse alfabet geskryf word. Hulle sou byvoorbeeld die woord suid (suid) skryf met die Arabiese letter vir die t (ت) aan die einde, wat die werklike uitspraak weerspieël. Wat vokale betref, word selfs dié effens beter voorgestel wanneer dit in Arabiese alfabet geskryf word as wanneer dit in Latynse alfabet geskryf word. Die enigste fout om Afrikaans met Arabiese letters te skryf in vergelyking met die skryf daarvan met hul Latynse eweknieë, is dat die konsonantklanke z, s, d, ch, ʔ en t elk met meer as een letter voorgestel kan word. Dit gebeur slegs in Arabiese leenwoorde waar hulle oorspronklik in Arabies uitgespreek is met verskillende klanke wat nie in Afrikaans bestaan nie. Die alfabet is ook een van die min Arabiese alfabette en selfs een van die min alfabette van die hele wêreld wat 'n eie teken vir die ŋ-klank (ڠ) het in plaas daarvan om die linguisties swakker oplossing te gebruik om dit met die digraph ng te skryf as die meeste tale doen. Nóg Afrikaans met Latynse letters, nóg Arabiese alfabet het hierdie letter vir die klank, so die skeppers van die Arabiese Afrikaanse alfabet het dit self uitgedink. Selfs meer uniek is die feit dat die alfabet 'n letter het vir die ks-klanke wat in sommige tale geskryf is ( ) . Dit is die enigste Arabiese alfabet wat 'n letter hiervoor het. Dit is natuurlik om een letter te gebruik om twee klanke te skryf, maar dit maak skryf vinniger en spaar spasie. Die gebruik van 1/2 in hierdie alfabet gee ons ook die interessante linguistiese wenk dat ten tyde van die ontwikkeling van hierdie alfabet, die spellinghervorming in Nederlands om x in ks te verander waarskynlik nog nie plaasgevind het nie.

Ek het geen kennis oor die onderwerp nie. Gaan ons dit verwyder? Julle advies asb! Groete! Oesjaar (kontak) 13:38, 3 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Minstens die eerste helfte is min of meer waar sover ek weet, maar 'n mens het bronne vir sulke sensitiewe stellings nodig. ~ Burgert (kontak) 15:44, 3 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Sien persoonlik niks omstrede in die aanhaling nie, en sou nie eers 'n verwysing soek nie. Afrikanerpredikante en -geleerdes van die 19de eeu het tot en met die GRA, deur immigrant Pannevis aangevuur, niks in Afrikaans belang gestel nie, en ondersteuning vir die GRA was geensins dawerend nie. Drie tydsgeeste in Afrikaner-Afrikaans val my op: 1. wedersydse skaamte (18de tot 19de eeu), d.w.s. buitestanders vir die patois, en semi-ongeletterde huistaalsprekers as hulle met Nederlands gekonfronteer is (wat Jan Alleman wel geweier het om te praat, omdat hy nie kon nie), 2. die ommeswaai, 'n toe-eiening van Afrikaans deur nasionaliste (sedert ca 1881), wat later soos John Vorster verkondig dat Afrikaans deur hulself geskep is, 3. gemors-Afrikaans (veral sedert 1994) as Afrikaner-omgangs- en tv-taal, wat op elke moontlike punt verras met Engelse woorde, uitspraak en Anglisismes. Die sprekers hiervan steur hul benewens aan geen taalnorm nie, en wil blykbaar 'n nuwe kreool skep wat reeds by sommige as Mengels bekend staan. As moslems dan reeds in 1845 begin om egte Afrikaans te skryf was hulle almal ver vooruit, en werklike pioniers wat bostaande teks regverdig. Selfs veel latere taalstryder Langenhoven skryf in 1893 nog op Engels: For intellectual training Africander Dutch offers no scope, for it has no literature and a very poor vocabulary. For internal intercourse and as a trade-medium English is superior to it; and for foreign trade it stands nowhere. Dit wil blyk asof "intellectual training" presies is waarvoor die moslems Afrikaans wel aangewend het. JMK (kontak) 20:46, 5 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Opdateer lisensie

[wysig bron]

Hallo! Ek het 'n voorstel gemaak by MediaWikibespreking:Licenses#Opdateer_lisensie. Ek hoop jy het tyd om daarna te kyk. MGA73 (kontak) 17:38, 4 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Hi MGA73, ek het my deel van die lêers skoongemaak. Groete,  Aliwal2012 19:34, 4 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie. Dit klink goed. Ek hoop ons kan ook MediaWiki:Licenses opdateer sodat nuwe oplaaisels die regte lisensie het. --MGA73 (kontak) 19:57, 4 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

My 16de verjaardag op ons Wikipedia!

[wysig bron]

Gemeenskap, vandag is my 16de verjaarsdag hier op ons Wikipedia. Een van die beste projekte waarby ek nog betrokke geraak het! Groete! Oesjaar (kontak) 02:53, 6 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Baie geluk, Deon! Lefcentreright (kontak) 05:41, 6 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie vir al jou bydraes en jou toewyding: dat jy aanhou om aan te hou. Groete! Thermofan (kontak) 08:55, 7 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie dat jy die fort reeds so lank gehou het, Oesjaar. Sestien jaar! Dit wil gedoen wees.
Ek het in 2012 hier aangesluit, maar was nie so baie bedrywig nie, soos jy weet. En nou sit ek op die oomblik onder permanente suurstof in die sieke-afdeling van ons aftreeoord (in 'n dubbelkamer by my vrou, wat weer ongelukkig erge demensie het). Ek kuier egter nog gereeld op Wikipedia – meer om te lees as iets anders. Enkele jare gelede het ek hier gepraat oor oorname van onverouderde inligting uit die ou Kinderensiklopedie, en Ton Vosloo, destydse grootbaas van Naspers, het my nog per e-pos gelei na die regte kontakpersoon in hierdie verband. Maar jy weet hoe gaan dit. Van uitstel kom afstel. As hier egter nog belangstelling in so iets is, kan ek dalk weer die ou drade probeer saamknoop -- Groete, Ollie Mieliestronk (kontak) 20:06, 16 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Launching! Join Us for Wiki Loves Ramadan 2025!

[wysig bron]

Dear All,

We’re happy to announce the launch of Wiki Loves Ramadan 2025, an annual international campaign dedicated to celebrating and preserving Islamic cultures and history through the power of Wikipedia. As an active contributor to the Local Wikipedia, you are specially invited to participate in the launch.

This year’s campaign will be launched for you to join us write, edit, and improve articles that showcase the richness and diversity of Islamic traditions, history, and culture.

To get started, visit the campaign page for details, resources, and guidelines: Wiki Loves Ramadan 2025.

Add your community here, and organized Wiki Loves Ramadan 2025 in your local language.

Whether you’re a first-time editor or an experienced Wikipedian, your contributions matter. Together, we can ensure Islamic cultures and traditions are well-represented and accessible to all.

Feel free to invite your community and friends too. Kindly reach out if you have any questions or need support as you prepare to participate.

Let’s make Wiki Loves Ramadan 2025 a success!

For the International Team 12:07, 16 Januarie 2025 (UTC)