Gaan na inhoud

Malta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur A. B. (besprekings | bydraes) op 03:28, 7 Mei 2010 (delete maltaindex.com spam)

Sjabloon:Landtabel-mini-nl

Malta, 'n klein eilandstaat in die Middellandse See tussen Sisilië en Tunisië, bestaan uit die eilande Malta, Gozo, Comino en die klein onbewoonde eilande Cominotto en Filfla.

Geskiedenis

Die Vandale gebruik Malta as die basis vir hulle rooftogte. Na die Bisantynse verowering word Malta by die provinsie van Sisilië ingelyf.

In die jaar 870 verower Arabiere uit Noord-Afrika onder die bevel van die Aghlabidiese emirs die eilandgroep. 'n Groot aantal Arabiese setlaars vestig hulle op Malta en skep die sterk etniese en taalkundige Semitiese invloed, wat nog steeds kenmerkend van Malta is.

Roger I van Sisilië verower Malta in 1091, en onder die heerskappy van die Normandiese konings ontwikkel die eiland tot 'n belangrike handelsentrum. Frederik II bepaal in 1220 dat die Sarasene die eiland moet verlaat. Malta word 'n Christelike eiland.

In 1282 verower die Koninkryk van Aragón die eiland.

Die Republiek van Malta word op 21 September 1964 onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.

Sedert die 1 Mei 2004 is Malta 'n lidlande van die Europese Unie en sedert die 1 Januarie 2008 is die Euro die Geldeenheid.

Kaart van Malta

Eksterne skakels