Lys van Formule Een wêreldkampioenskap punteleer metodes
Hierdie is 'n lys van punteleer metodes wat die uislag van die FIA Wêreld Bestuurders- en Vervaardigerskampioenskap sedert 1950 bepaal. Die Kampioenskap word oorhandig aan die bestuurder en vervaardiger wat die meeste punte oor die duur van 'n Kampioenskap-seisoen bymekaar maak.
In sekere seisoene is net 'n sekere hoeveelheid van 'n bestuurder se beste uitslae getel vir die kampioenskaptitel. Dit kan die beste geïllustreer word aan die hand van die 1988 Formule Een-seisoen toe die McLaren-bestuurders Alain Prost en Ayrton Senna oorheers het. Prost het in 14 wedrenne òf eerste òf tweede geëindig, en nie die ander twee voltooi nie, terwyl Senna 8 wedrenne gewen het teenoor die 7 van Prost wat beteken het dat hy (Senna) slegs 3 verdere tweede plekke nodig gehad het om die Kampioenskaptitel te verower, ongeag Prost se uitslae. Dit het gelei tot die afwyking waar Prost meer punte gekry het in die seisoen maar nie die kampioen geword het nie. 'n Nuwe stelsel wat al die punte vir al die wedrenne in ag geneem het, is ingestel in 1991, saam met 'n addisionele punt vir die wenner.
Die huidige stelsel is in die 2003 seisoen bekend gestel en is ontwerp om meer spanne en bestuurders in staat te stel om meer gereeld punte aan te teken, terwyl die kleiner verskil in punte beteken dat betroubaarheid en herhaalbaarheid dikwels belangriker is as die finale posisie.
Die bestuurder wat oor jare die beste vertoon het in terme van punte is Jim Clark, wie 'n maksimum van 54 punte (6 seges) in die 1963 en die 1966 Formule Een-seisoen behaal het. Later sou Michael Schumacher elke wedren van die 2002 Formule Een-seisoen wen om 144 uit 'n maksimum van 170 punte aan te teken. Die mees dominante vervaardigerskampioen is Mclaren wat in die 1988 Formule Een-seisoen 199 uit 'n maksimum van 240 punte aangeteken het; hulle was 134 punte voor die naaste teenstander. In 2002 het Ferari 221 punte aangeteken, soveel soos al die ander spanne saam.
Puntetoekenning
[wysig | wysig bron]Seisoene | 1ste | 2de | 3de | 4de | 5de | 6de | 7de | 8ste | 9de | 10de | Vinnigste rondtetyd |
Beste uitslag getel | Notas |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1950–1953 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 4 | [1][2] | |||||
1954 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 5 | [1] [2] [3] | |||||
1955–1957 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 5 | [1][4][5][6][7] | |||||
1958 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 6 | [6][7][8][9][10] | |||||
1959 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 5 | [9][10] | |||||
1960 | 8 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 6 | [9] | |||||
1961–1962 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 5 | [9] | |||||
1963–1965 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 6 | [9] | |||||
1966 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 5 | [7] [9] [11] | |||||
1967 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 9 (5 van die eerste 6, 4 van die laaste 5) |
[7][9][11] | |||||
1968 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 10 (5 van die eerste 6, 5 van die laaste 6) |
[9] | |||||
1969 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 9 (5 van die eerste 6, 4 van die laaste 5) |
[7] [9] | |||||
1970 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 11 (6 van die eerste 7, 5 van die laaste 6) |
[7] [9] | |||||
1971 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 9 (5 van die eerste 6, 4 van die laaste 5) |
[9] | |||||
1972 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 10 (5 van die eerste 6, 5 van die laaste 6) |
[9] | |||||
1973–1974 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 13 (7 van die eerste 8, 6 van die laaste 7) |
[9] | |||||
1975 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 12 (6 van die eerste 7, 6 van die laaste 7) |
[9] [12] | |||||
1976–1978 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 14 (7 van die eerste 8, 7 van die laaste 8) |
[9] | |||||
1979 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 8 (4 van die eerste 7, 4 van die laaste 8) |
[12] | |||||
1980 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 10 (5 van die eerste 7, 5 van die laaste 7) |
[12] | |||||
1981–1984 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | Almal | [12] [13] | |||||
1985–1990 | 9 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | 11 | [12] [13] | |||||
1991–2002 | 10 | 6 | 4 | 3 | 2 | 1 | Almal | [12] | |||||
2003–2009 | 10 | 8 | 6 | 5 | 4 | 3 | 2 | 1 | Almal | [12] | |||
2010–2018 | 25 | 18 | 15 | 12 | 10 | 8 | 6 | 4 | 2 | 1 | Almal | [12] | |
2009–2024 | 25 | 18 | 15 | 12 | 10 | 8 | 6 | 4 | 2 | 1 | 1 | Almal | [12] |
Nota's
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Die Vervaardigerskampioenskap is nie tussen 1950 en 1957 beslis nie.
- ↑ In die 1954 Britse Grand Prix het sewe bestuurders dieselfde tyd vir die vinnigste baanrondte opgestel en elkeen het 0,143 van 'n punt gekry.
- ↑ 6,0 6,1 Punte is gelykop verdeel vir bestuurders wie dieselfde vinnigste baanrondte opgestel het.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 7,5 Formule 2-motors het teen Formule 1 motors meegeding in die volgende Grands Prix maar kon nie in aanmerking kom vir kampioenskappunte nie.
- 1957 Duitse Grand Prix
- 1958 Duitse Grand Prix
- 1958 Marokkaanse Grand Prix
- 1966 Duitse Grand Prix
- 1967 Duitse Grand Prix
- 1969 Duitse Grand Prix
- ↑ Punte is nie verder toegeken vir gedeelde bestuurdeers nie.
- ↑ 9,00 9,01 9,02 9,03 9,04 9,05 9,06 9,07 9,08 9,09 9,10 9,11 9,12 9,13 9,14 Slegs die bestuurder met die meeste punte vir elke vervaardiger met elke wedren is getel by die Vervaardigerskampioenskap.
- ↑ 10,0 10,1 Die punt vir die vinnigste rondtetyd is slegs aan bestuurders toegeken, nie vervaardigers nie
- ↑ 11,0 11,1 Bestuurders wie nie geklassifiseer is nie (hulle het bv. nie genoeg wedrenafstand voltooi nie) het nie punte verdien nie, selfs al het hulle onder die eerste 6 geëindig.
- ↑ 12,0 12,1 12,2 12,3 12,4 12,5 12,6 12,7 12,8 Halwe punte is toegeken vir wedrenne wat beëindig is voordat driekwart van die afstand voltooi is.
- ↑ 13,0 13,1 Die tweede bestuurders van spanne wat amptelik net een motor ingeskryf het kon nie punte verdien nie. Dit het Jo Gartner (Osella) en Gerhard Berger (ATS) beïnvloed wie onderskeidelik vyfde en sesde in die 1984 Italiaanse Grand Prix geëindig het, en Yannick Dalmas (Larrousse) wie vyfde in die 1987 Australiese Grand Prix geëindig het. Hulle punte is nie herverdeel nie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- "Formula 1.com – Results archive". Besoek op 16 Desember 2006.