Gaan na inhoud

Mark John Burke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mark John Burke
Mark John Burke
Burke in Togo, Wes-Afrika. 2024

Ampsbekleër
Termynaanvang
25 Junie 2024

Persoonlike besonderhede
Gebore 1989
Politieke party Demokratiese Alliansie
Eggenoot/-note Talia Simone da Silva Burke

Mark John Burke is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie (DA) is.

Vroë lewe

[wysig | wysig bron]

Burke is in 1989 in Vrystaat gebore en is 'n moedertaalspreker van Afrikaans.[1] Hy het twee baccalaureusgrade in Rekenaarwetenskap en Taaltegnologie aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit verwerf.[2] Tydens sy studentejare aan die universiteit het hy die PUK debatsvereniging gestig.[3] Hy het ook 'n meestersgraad in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad verwerf[4] en 'n PhD aan die Universiteit van Cambridge met 'n beurs van die Mandela Rhodes-stigting.[5]

Burke is die stigter van ExpertRand, 'n maatskappy wat geldoordragdienste vir uitgewekene Suid-Afrikaners verskaf, en 'n medestigter van Kastelo, 'n fintech-maatskappy. Hy is getroud met dr. Talia Simone da Silva Burke.

Parlementêre loopbaan

[wysig | wysig bron]

Burke het as 'n DA-parlementêre kandidaat op die Wes-Kaapse lys in die nasionale verkiesing van 2024 gestaan en is daarna tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies. Hy is op 25 Junie 2024 ingehuldig.[6] Hy is 'n lid van die Staande Komitee oor Bewilligings en is 'n plaasvervangende lid van die Staande Komitee oor Finansies.[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Luister, you can keep your Oxford scholarship - Thought Leader". thoughtleader.co.za/ (in Engels). 1 September 2015. Besoek op 7 Augustus 2024.
  2. "About the Contributors". IGI Global. Besoek op 7 Augustus 2024.
  3. "About us". nwupukdebatesociety.weebly.com. Besoek op 7 Augustus 2024.
  4. "Mandela Rhodes Foundation Yearbook 2012" (PDF). 2012. Besoek op 7 Augustus 2024.
  5. "Mark John Burke". The Mandela Rhodes Foundation (in Engels). Besoek op 7 Augustus 2024.
  6. "The 400 MPs elected to the National Assembly - IEC - DOCUMENTS | Politicsweb". www.politicsweb.co.za (in Engels). Besoek op 9 Julie 2024.
  7. "Mark John Burke". Parliament of South Africa. Besoek op 7 Augustus 2024.