Messier 92
Messier 92 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Hercules | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 17m 07,39s | |||
Deklinasie | +43º 08' 09,4" | |||
Skynmagnitude | 6,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 26 700 | |||
Skynbare grootte | 14 boogminute | |||
Massa | 2 × 105 M☉ | |||
Ander name | M92, NGC 6341, GCl 59 | |||
|
Messier 92 of M92 (ook bekend as NGC 6341) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 26 700 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Hercules. Dit is in 1777 deur Johann Elert Bode ontdek en twee jaar later in die Berliner Astronomisches Jahrbuch gepubliseer.[1] Charles Messier het die bolswerm in 1781 onafhanklik ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[2]
M92 is een van die helderste bolswerms aan die noordelike hemelruim, maar word dikwels deur amateur-sterrekykers misgekyk vanweë sy nabyheid aan die selfs skouspelagtiger Messier 13. Dit is in goeie sigtoestande met die blote oog sigbaar.[3]
Van die bolswerms in die Melkweg is M92 een van die helderstes wat betref absolute magnitude. Dit is ook een van die oudstes – sowat 14,2 ± 1,2 miljard jaar, rofweg so oud soos die heelal.[4] Dit lyk effens plat, met die kortas wat sowat 89% ± 3% so lank soos die hoofas is.[5] Nes die meeste ander bolswerms het M92 baie min elemente benewens waterstof en helium, dus elemente wat sterrekundiges metale noem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kanas, Nick (2007), Star maps: history, artistry, and cartography, Springer-Praxis books in popular astronomy, Springer, p. 180, ISBN 0-387-71668-8, http://books.google.com/books?id=xepttjhzaH8C&pg=PA180
- ↑ Garfinkle, Robert A. (1997), Star-Hopping: Your Visa to Viewing the Universe, Cambridge University Press, p. 131, ISBN 0-521-59889-3, http://books.google.com/books?id=40JzBYGREL0C&pg=PA131
- ↑ Frommert, Hartmut; Kronberg, Christine (September 2, 2007), "Messier 92", SEDS (The Munich Astro Archive), http://www.maa.clell.de/Messier/E/m092.html, besoek op 2012-04-08
- ↑ Paust, Nathaniel E. Q.; Chaboyer, Brian; Sarajedini, Ata (June 2007), "BVI Photometry and the Luminosity Functions of the Globular Cluster M92", The Astronomical Journal 133 (6): 2787–2798, doi:10.1086/513511, Bibcode: 2007AJ....133.2787P
- ↑ Chen, C. W.; Chen, W. P. (October 2010), "Morphological Distortion of Galactic Globular Clusters", The Astrophysical Journal 721 (2): 1790–1819, doi:10.1088/0004-637X/721/2/1790, Bibcode: 2010ApJ...721.1790C
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SEDS: Messier 92
- Galactic Globular Clusters Database
- Messier 92 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 92.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia