Gaan na inhoud

Tongblaarprotea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Tongblaarprotea
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. scolopendriifolia
Binomiale naam
Protea scolopendriifolia
(Salisb. ex Knight) Rourke, (1974)
Sinonieme
  • Erodendrum scolopendriifolium Knight
  • Protea scolopendrina St.-Lag.
  • Protea scolopendrium R.Br.

Die tongblaarprotea (Protea scolopendriifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Sederberg, Kogelberg tot Riviersonderendberge, Swartberg tot Kougaberge waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is wortelagtig en vorm groot knolle tot 1 m in deursnee en blom van September tot Desember.

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg, na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in Sederberg skalie, soms in sandsteengrond op hoogtes van 450 – 1 800 m.

In Engels staan dit as die Harts-tongue-fern Sugarbush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]